
=====================================================================
Berese en gelese webwerf (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Berese en gelese webwerf

AS medewerker die afgelope vier maande by die Stigting se webwerf op die Internet, "Afrikaans -- die vriendelike taal" 
(http://www.afrikaans.com), was ek verantwoordelik vir nuusbydraes oor Afrikaans, asook vir die beantwoording van e-pos- en Internet 
navrae.

Die nuusbydraes oor sake wat Afrikaans raak, is hoofsaaklik uit koerantberigte verkry. Die beantwoording van die e-posnavrae was egter 'n 
tog van 'n ander aard: soek en dan eers ... vind. In die geval van sommige e-posse was ek net die skakel tussen die persoon wat die navraag 
gerig het, en die kundige wat bereid was om namens die SvA te antwoord.

Daar was verder bydraes oor feeste, byeenkomste, opvoerings, konferensies en kursusse.

Artikels van die SvA se blad, Afrikaans Vandag, vorm die grootste gedeelte van die webwerf. Die jongste uitgawe se inhoud is onmiddellik 
beskikbaar. Vorige uitgawes se artikels word in 'n argief bewaar en kan van daar opgeroep word.

Uit die talle e-posse kan afgelei word dat die webwerf op sigself in staat is om 'n groot hoeveelheid navrae te genereer. Die navrae kan in 
twee hoofgroepe verdeel word: navrae afkomstig van mense wat in Suid-Afrika woon, en van di buite die landsgrense.

Die plaaslike navrae het gehandel oor bepaalde taalonderwerpe, veral spellingkwessies. Die volgende e-posnavrae gee 'n goeie aanduiding van 
hul strekking:

Bestaan daar 'n Afrikaanse speltoetser vir MS Word? (Ja, so 'n toetser het op Potchefstroom ontstaan.) Is daar 'n instansie(s) wat die 
stand van Afrikaanse taalversorging en Afrikaans/Engelse vertaling reguleer? (Ja, daar is 'n vereniging wat akkreditering aan bekwame 
redigeerders en vertalers in Afrikaans en ander tale verleen.) Na watter land emigreer die meeste Afrikaanssprekendes? Hoe word diakritiese 
tekens vir Afrikaanse woorde in rekenaar-/e-pos-/Internet tekste aangebring? Wat is die woorde van "Hasie (hoekom is jou stert so kort)?" 
Waarom verskyn daar "Your comments please" (in Engels!) op die Stigting se Afrikaanse webwerf?

Laasgenoemde vraag het talle werfbesoekers hulle dalk ook reeds afgevra, daarom gee ek die antwoord van die SvA se webmeester, Jean 
Jordaan: "Die Stigting maak gebruik van die gemeenskapsbou-fasiliteite van Philip Greenspun, by MIT se Laboratory for Computer Science, om 
lesersinteraksie met die blad te vergemaklik. Uit die aard van die saak bied Philip hierdie fasiliteite in Engels aan, aangesien hy 'n 
Amerikaner is."

Navrae uit die buiteland dek 'n bre spektrum behoeftes. Daar is die Afrikaanssprekendes wat gemigreer het en baie graag Afrikaanse leer- 
en leesstof vir hulle kinders wil bekom -- veral taal- en geskiedenisboeke. Daar is 'n groot aanvraag na Liewe Heksie en kie. Daar is 
buitelanders wat 'n opregte goedgesindheid teenoor Afrikaans openbaar en graag die taal aan ander (bv. studente) wil leer. 'n Nederlandse 
lektor aan 'n Deense universiteit, wat Afrikaans daar wil onderrig, wou weet watter Afrikaanse kursusmateriaal beskikbaar is. 'n Professor 
in Afrikaans aan UPE het geantwoord watter bronne in Europa beskikbaar is. 'n Nederlandse professor in Nederlands en Afrikaans aan die 
Universiteit van Kaliforni, Los Angeles, wil graag h dat sy studente na Afrikaanse radioprogramme moet kan luister. Hy is in aanraking 
gebring met Radio Sonder Grense se mense.

Talle navrae is ontvang van diegene wat Afrikaans vanuit 'n Nederlandse perspektief interessant vind en meer van die taal te wete wil kom. 
Die webmeester van die grootste Nederlandse telekommunikasiebedryf is vol lof vir die gemaklike wyse waarop Afrikaans (anders as 
Nederlands) Internet terme skep in plaas daarvan om die Engelse woord summier te gebruik. Die SvA se webwerf het 'n spesiale afdeling vir 
Afrikaanse Internet en rekenaarterme wat deur kundiges op di gebied behartig word.

Die gespreksforums of -groepe waaraan enigeen kan deelneem wat iets oor 'n gestelde onderwerp op die hart het, sorg vir heelwat reaksie. So 
word daar byna daagliks bydraes gelewer tot die Internet termebank en die termevoorstelle word ook van alle kante beskou en bespreek.

Wanneer 'n Italianer uit Rome vorendag kom met 'n loflied oor Afrikaans ... in Afrikaans, en s die taal moet verseker as "die mooiste ter 
wreld" beskou word, is dit vir jou sierskrif aan die muur! Hy s: "Sy [Afrikaans se] potensiaal is groot en dit word in baie lande van 
Europe verstaan; om Afrikaans te leer is dus nie net lekker en plesierig nie maar ook ongelooflik nuttig". Dieselfde skrywer, Maurizio de 
Cinti, het verder gereageer: "Ek neem aan Suid-Afrikaners onderskat hoe belangrik en mooi hulle oorspronklike taal is en daarom probeer 
hulle om sommer Engels te gebruik. Ek reken 'n nasie moet sy voorkoms behou en daarvoor veg en daarop trots raak."

Sy woorde het my weer eens laat besef taaltrots is di spil waarom die behoud en vooruitgang van Afrikaans draai -- oral en altyd. Dr. 
Helena Liebenberg is betrokke by bepaalde nuwe taalaksies waarvan meer besonderhede bekend gemaak sal word.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av648.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

